Stellenbosch Municipality

Met die inhuldiging van die Universiteit van Stellenbosch (US) se nuwe rektor, het die dorp ‘n innoveerder van formaat aanboord gekry.

So sê die uitvoerende Burgermeester van Stellenbosch, Conrad Sidego wat gereageer het by die inhuldigingsseremonie van Professor Wim De Villiers.

Suid-Afrika het ‘n behoefte aan innoveerders soos nog nooit vantevore nie, gegewe die enorme uitgadinge wat ons in die gesig staar. Die US is ‘n akademiese instelling van besondere uitnemendheid. Daarmee saam is die dorp ook tuiste van die land se voorste sakevernuf. Terselfdertyd word ons ook gekonfronteer met van die uiterste sosio-ekonomiese vraagstukke – werkloosheid, woningnnood, armoede en voedseltekort.

‘Dís waar die innoveerder De Villiers aan die hoof van die wêreldklas universiteit, ‘n reuse-impak kan help maak,’ verduidelik Burgermeester Sidego.’ Saam met sy agenda van transformasie behoort ons opwindende projekte saam die lig te laat sien.’

Ons visie vir die dorp is om die Innovasiehoofstad van Suid-Afrika te wees en sy koms op die dorp behoort ons ‘n welkome hupstoot te gee. Hy is verseker van my persoonlike steun en dié van die munisipaliteit en ons sien daarna uit om saam met hom die dorp en die breë gemeenskap na die volgende vlak te neem.

Vir verdere navra kontak die Burgermeester se Kommunikasiekantoor op 021 8088024.

2