Stellenbosch Municipality

Die Munisipaliteit Stellenbosch verplaas inwoners wat by die stortingsterrein plak te verskuif na grond digby die Longlands-landgoed. Die verskuiwing volg die ontstaan van ‘n ondergrondse brand by die Stellenbosch Stortingsterrein. Die verskuiwing vind plaas oor die naweek na aanleiding van ‘n suksesvolle dringende hofaansoek vir ‘n uitsettingsbevel om die inwoners te verskuif.

Die situasie is lewensgevaarlik en die Munisipaliteit moet die ondergrondse brand so gou as moontlik blus aangesien die stortingsterrein kan ontplof. Die verskuiwing na tente en Wendy huise is wel tydelik en die geaffekteerde inwoners sal geabsorbeer word in ander behuisingsprojekte. Die verskuifde inwoners word voorsien van water en toiletgeriewe. Kos word ook voorsien aan die inwoners na die verskuiwing vir ten minste twee dae.

Sien asb die kaart wat aandui waarna die inwoners verskuif word (rooi driehoek) –”Informal Farm Workers Housing”.

2